Konstantyn VII van Bisantium

Konstantyn VII
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Konstantyn en sy ma, Zoe, uitbeeld.
’n Muntstuk wat Konstantyn en sy ma, Zoe, uitbeeld.
Bewind 913–920 (onder regent)
945–959
Volle naam Konstantyn Porphyrogennetos
Dinastie Masedoniese
Gebore 2 September 905
Oorlede 9 November 959
Voorganger Alexander
Opvolger Romanos I
Romanos II
Eggenote Helena Lekapene
Kinders Romanos II
Theodora
Vader Leo die Wyse
Moeder Zoe Karbonopsina

Konstantyn VII of Konstantyn Porphyrogennetos (Grieks: Κωνσταντῖνος Ζ΄ Πορφυρογέννητος; 2 September 905 – 9 November 959) was die vierde Bisantynse keiser van die Masedoniese Dinastie en het van 913 tot 959 regeer. Hy was die seun van keiser Leo die Wyse en sy vierde vrou, Zoe Karbonopsina.

Die grootste deel van sy bewind was onder ’n regentskap, van 913 tot 919 dié van sy ma, Zoe, en van 920 tot 945 het hy die troon gedeel met Romanos Lekapenos, met wie se dogter hy getrou het, en dié se seuns. Konstantyn VII is die beste bekend vir sy vier boeke, De Administrando Imperio, De Ceremoniis, De Thematibus en Vita Basilii.

Die naam Porphyrogennetos beteken "in die purper" of "koninklik geborene" en verwys na die Purper Kamer van die paleis waar die wettige kinders van regerende keisers gewoonlik gebore is en wat met porfier versier was. Konstantyn is ook hier gebore, al is sy ma eers ná sy geboorte met Leo getroud. Die naam het hom egter in staat gestel om sy posisie as wettige erfgenaam te beklemtoon, in teenstelling met die ander wat in sy tyd aanspraak op die troon gemaak het. Seuns wat gebore is terwyl ’n keiser regeer het, het voorkeur geniet bo ouer seuns wat nie "in die purpur" gebore is nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy